Welcome to our school website. 

Dear Visitor,

Here you will discover a dynamic community of faith engaging in a variety of ventures as we disciple precious Grade 00-12 image bearers. In our pursuit of an abundant, flourishing life, we leave no stone unturned as we educate the mind, train the heart, and form strong bonds of friendship. As followers of Christ we create culture and play sport, reach out through acts of service and eagerly learn how to live confidently and faithfully in the 21st century, leaving a legacy far beyond. 

There are few things in the world we cherish more than to grow, equip and send. To us it is more than a motto. Discipleship drives our mission, refocuses our vision and defines our values.

We are simply revitalised by the task at hand and thrilled by your presence.

Mr Siebert J. Myburgh

Baie welkom by ons skool se webtuiste.

Die webtuiste weerspieël wie ons is: ’n Dinamiese gemeenskap van gelowiges betrokke by ’n verskeidenheid projekte terwyl ons kosbare leerders van Graad 00-12 dissipel. In ons strewe na ’n lewe van betekenis en oorvloed, gryp ons die geleenthede met beide hande aan om elke leerder intellektueel te ontwikkel, se hart te vorm en hegte bande van vriendskap te smee. As volgelinge van Christus skep ons kultuur, beoefen ons sport en reik na ander uit deur diensbaar te wees. Ons leer gretig om met selfvertroue en toegewydheid in die 21ste eeu te leef sodat ons ’n positiewe nalatingskap kan agterlaat.

Daar is min dinge wat ons meer koester as om ons leerders te help groei, toe te rus en uit te stuur. Ons leuse is ons doelwit. Dissipelskap is die dryfveer agter ons missie, dit fokus ons visie en definieer ons waardes. 

Die taak wat voor ons lê, is uitdagend en opwindend en ons is bly dat jy ons webtuiste besoek.

Mnr Siebert J. Myburgh